Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 7 Augustus 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga vir Sondag 7 Augustus 2016 gelees deur ________________________ (jounaam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

** Regstelling ten opsigte van verlede week se nuus
Ons het ongelukkig verlede week nagelaat om Etienne Vosloo, ZS1AX se naam in te sluit by die item oor die nuwe raad van die SARL. Ons vra onvoorwaardelik om verskoning vir hierdie fout Etienne.

Die nuwe raad bestaan nou uit NEGE lede naamlik

Ettienne Vosloo ZS1AX
Paul van Spronsen ZS1V
Rassie Erasmus ZS1YT
Dennis Green ZS4BS
Geoff Levey ZS6C
Chris Turner ZS6GM (Visie president)
Louw Erasmus ZS6LME
Nico van Rensburg ZS6QL (President)
Shane Bailey ZS6ZSB (Tesourierr)

Etienne Naude ZS6EFN is ge-koopteer as ere sekretaris van die liga

IN VANDAG SE NUUS

EERSTE VERSLAG VAN TRANS ATLANTIESE TOETSE

NUUS VANUIT DIE RAAD VAN DIE SARL

WEDSTRYD NUUS

VOORTPLANTING VOORSPELLING

EN OPKOMENDE GEBEURE

*** Pieter Jacobs, V51PJ, TE Rosh Pinah, Namibia het laat weet dat Marcos Turbo, PY1MHZ, op 1 Augustus om 05:00 SAT by sy vakansie huis in Brasilie, ruit verwysing GG98ic aangekom het en binnekort toetse tussen daar en Namibië sal doen. Hulle het ooreengekom om op 144,250 MHz verskeie digitale modusse soos, ISCAT A en JT65 te ondersoek. Hul beplan om hoofsaaklik rondom sonop in Namibie te probeer kontak maak. Die Hepburn voorspellings wys dat daar ‘n verbetering in toestande van 5 Augustus af kan ontstaan. Terloops Kobus ZS3JPY se nuwe radio is nou ook operasioneel en hy onderneem om ook uit te luister vir die seine vanaf Brasilië.

Jy is ingeskakel op ‘n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse Radio liga en ons gaan nou voort met nuus vanaf die nuwe SARL raad

** Met die eerste vergadering op 31 Julie na afloop van die SAV by NARS, het die nuwe verkose raad die kwessies wat die meeste kommer by lede wek bespreek en by sy tweede vergadering vandeesweek 'n stel van onmiddellike prioriteite en 'n aksie plan geformuleer .

Die nuwe Raad het kennis geneem van die kommentaar dat daar 'n oënskynlike 'n gebrek aan kommunikasie is vanaf die Raad na die amateur gemeenskap . Hierdie kommentaar is ernstig opgeneem en jou nuwe raad sal die nodige implementeer om meer gereelde kommunikasie te bewerkstellig . Radio ZS, die Sondag bulletins en gereelde nuusflits sal gebruik word om jou as SARL lid ingelig en betrokke te hou.

'n Toegewyde Facebook-blad www.facebook.com/officialsarl is intussen geskep om kommunikasie ook op die medium te verbeter. Hierdie blad vervang nie enige van die bestaande vorms van kommunikasie nie. Hou gerus die epos dop vir 'n nuusflits vroeg in volgende week.

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van die volgende persone:
ZS6VDP Hubertus van der Ploeg
ZS1SLS Angela-Tafadzwa Shumba

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Tot nou het die Liga 1268 bevestigde lede vir die volgende termyn; daar is nog baie hernuwings uitstaande. As jy nog nie jou lidmaatskap hernu het nie, doen dit nou. Aan die einde van Augustus sal jy ophou om 'n lid te wees as jy nie hernu het nie. Vier-en-dertig klubs het reeds hul affiliasie hernu.

Kompetisie nuus

*** Die ZS2 naelloop was ‘n groot sukses met kontakte van regoor die land, wat groot pret tot gevolg gehad het. Die naelloop het op 24 Julie 2016 plaasgevind en die uitslae is soos volg

1. ZS2CR, Colette Rundle, 152 Punte
2. ZS2PE, bedryf deur Theunis Potgieter, 119 Punte
3. ZS2NF, Barry Nugent, 92 Punte

Die uitslae is ook op die PEARS facebook blad geplaas

PEARS bedank almal wat deelgeneem het en logstate ingestuur het. Sertifikate sal toegeken word aan die eerste drie plekke

* Vanmiddag tussen 13:00 en 16:30 UTC kan jy aan die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Foon kompetisie deelneem. Die doel van die HF Foon kompetisie is vir deelnemers om kontak te maak met soveel amateurs in Suider-Afrika as moontlik op spraak tussen 14 125 en 14 300 kHz, 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz en 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz. Jy kan deelneem as 'n enkel operateur enkelband stasie, 'n enkel operateur alle bande stasie, 'n multi-operateur enkelband stasie of 'n multi-operateur alle bande stasie.

Die uitruiling is 'n RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Stuur jou log in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein HF Foon", teen 14 Augustus 2016 aan e-pos zs4bfn@mweb.co.za.

** Roep "JD Naelloop" op 9 Augustus 2016 tussen 09:00 en 10:00 UTC vir die SARL JD Naelloop. Dit is 'n foon naelloop met aktiwiteit tussen 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz en die uitruiling is 'n RS-verslag en JD of OM. Kontak tussen JD stasies is 5 punte werd. Kontak tussen JD en OM-stasies is 3 punte werd en kontakte tussen OM-stasies is 1 punt werd. Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein JD Naelloop," moet teen 16 Augustus 2016 ingedien word per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za.

Kry al die inligting in die 2016 Blouboek vir beide kompetisies en stuur jou logstate aan zs4bfn@mweb.co.za. Moenie enige ander e-pos adres gebruik nie.

*** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Die sigbare sonvlekke sigbaar is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 15 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20m band verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

So op die afdraende na die einde van die bulletin kom ons kyk na so paar gebeur in die nabye toekoms

7 Augustus - SARL HF foon kompetisie
9 Augustus - SARL JD naelloop
13 en 14 Augustus – Internasionale vuurtoring en ligskip naweek
14 Augustus - SARL Jeug Net
21 Augustus - SARL HF Digitale kompetisie
28 Augustus - SARL HF Gelykgolf kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit: plaas ons graag weer die Regstelling ten opsigte van verlede week se bulletin

Ons het ongelukkig verlede week nagelaat om Etienne Vosloo, ZS1AX se naam in te sluit by die item oor die nuwe raad van die SARL. Ons vra onvoorwaardelik om verskoning vir hierdie fout Etienne.

Die nuwe raad bestaan nou uit NEGE lede naamlik

Ettienne Vosloo ZS1AX
Paul van Spronsen ZS1V
Rassie Erasmus ZS1YT
Dennis Green ZS4BS
Geoff Levey ZS6C
Chris Turner ZS6GM (Visie president)
Louw Erasmus ZS6LME
Nico van Rensburg ZS6QL (President)
Shane Bailey ZS6ZSB (Tesourierr)

Etienne Naude ZS6EFN is gê-koöpteer as ere sekretaris van die liga
Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleiding op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie, ZR6DHC, en gelees deur ...........................................................
Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003